Posted on: 28 July 2023
ID 875430

Grafiese kunstenaar/ontwerper

Postitel: Grafiese kunstenaar/ontwerper

Werkplek: Johannesburg

Indiensnemingstydperk: Permanent

Sektor: Media

Posbeskrywing

Netwerk24 is op soek na n grafiese kunstenaar om by sy bekroonde span aan te sluit. Werk as deel van n kreatiewe span in die dinamiese wreld van joernalistiek en aanlyn nuus. Skep boeiende grafika en inhoud vir die aanlyn nuusplatform, asook vir koerante. Uitstekende ontwerpvaardighede, n belangstelling in joernalistiek, datajoernalistiek, en om onder streng spertye te werk is n vereiste. n Goeie begrip van Afrikaans en Engels is nodig, asook n belangstelling in algemene nuusgebeure.

Verantwoordelikhede
  • Werk aan projekte, in samewerking oor spanne heen aan idees, skepping en implimentering
  • Skep kreatiewe foutlose statiese en geanimeerde grafika vir gebruik in gedrukte en aanlyn media
  • Gebruik bestaande bates en argieffotos om relevante en byderwetse inhoud te skep
  • Bly aan die voorpunt van ontwerptendense
  • Skep van 2D animasie, bewegende grafika, GIFs ens.
  • Foto-manupilering by geleentheid
  • Skofwerk per geleentheid
Vereistes

Kwalifikasies: n Tersaaklike graad of diploma in ontwerp

Ervaring: Minimum 3 jaar ervaring in die mediasektor as grafiese kunstenaar

Vaardighede En Vermons
  • Taalvaardig in Afrikaans en Engels
  • Goeie werkkennis van die Adobe Creative Suite, spesifiek ervaring in Adobe Photoshop, InDesign, Illustrator en AfterEffects,
  • Goeie werkkennis van Microsoft 365
  • Die skep van inhoud vir verskeie platforms en om die tersaaklike voorbereiding en gehaltebeheer voor publisering te doen
  • Die vermo om ontwerpe en geanimeerde grafika te skep en n begrip van die jongste innoverings in digitale en sosiale media ontwerp
  • Tekenvermo sal voordelig wees
  • Die vermo om in n omgewing met n vinnige pas te werk wat aanpasbaarheid, die nakom van streng spertye, interne prosesse en handelsmerkriglyne verg
  • Die vermo om onafhanklik sowel as in n span te werk
  • Die begeerte om te leer en nuwe vaardighede veral ten opsigte van digitale inhoud te bied
  • Die vermo om innoverende, kreatiewe idees te demonstreer
  • Werk- en tydsbestuur: Die vermo om werk tydsgebonde en doeltreffend te beplan en uit te voer
  • Kommunikasievaardighede: Die vermo om doeltreffend te kommunikeer verbaal en geskrewe
  • Persoonlike ontwikkeling: Die vermo om jou loopbaan binne die maatskappy te bestuur en ontwikkel
Sluitingsdatum: 13 Augustus

Ingevolge Media24 se diensbillikheidsbeleid sal aan geskikte kandidate uit die aangewese groepe voorkeur gegee word
Occupation:
Media, journalism jobs


This job offer is not active at the moment.
Apply for a job
You have already applied to this job position
Save ad
Transnet General Workers

Transnet General Workers

Transnet
Germiston
Jobin.co.za
Transnet General Workers

Transnet General Workers

Transnet
Durban City
Jobin.co.za
Transnet General Cleaner

Transnet General Cleaner

Transnet
Westville
Jobin.co.za
General Worker

General Worker

Transnet Port Terminal
Durban City
Jobin.co.za
General Labour

General Labour

Transnet Port Terminal
Richards Bay
Jobin.co.za
New RDP Houses For Sale

New RDP Houses For Sale

DEPARTMENT OF HUMAN SETTLEMENT
Tembisa
Jobin.co.za
EVANDER GOLD MINE JOBS AVAILABLE

EVANDER GOLD MINE JOBS AVAILABLE

EVANDER GOLD MINE
Secunda
Phekolong hospital jobs available

Phekolong hospital jobs available

PHEKOLONG HOSPITAL
Bethlehem