Ad is valid till: 02 March 2026
ID 951298

BESTUURDER

Strandsorg, Strand

Strandsorg (Huis Esperanza en Huis Pam Brink) is n program van Badisa, n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk [Wes-Kaapland] en VGKSA [Kaapland]. Aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.

Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die Beheerraad rapporteer, met die opdrag om die strategiese visie te operasionaliseer deur doelgerigte bestuurstake en die optimale benutting van hulpbronne en dienste. Daar sal van die posbekler verwag word om voorsiening te maak vir die versorging van ouer persone, in n veilige en vriendelike omgewing sowel as die ontwikkeling van gemeenskapsgebaseerde dienste vir ouer persone.

Die bestuurder is verantwoordelik vir die algehele bestuur en gehalteversekering van die tehuis, wat insluit:
  • Toesig oor die verpleegsorgdienste, finansies en menslike hulpbronnebestuurfunksies, in samewerking met die multi-dissiplinre span
  • Bemarking, kommunikasie en fondswerwing, om te verseker dat die tehuis volhoubare, toepaslike dienste kan bied
  • Batebestuur en instandhouding van die beroepsgesondheid- en veiligheidsprogram
  • Skakeling en netwerking met belanghebbendes en die bou van langtermyn verhoudings met strategiese vennote.
Die ideale kandidaat beskik oor n naskoolse kwalifikasie, die vermo om n span te lei en te motiveer, asook om probleemareas vroegtydig te identifiseer en op te los.

Kennis en ervaring van personeel- en finansile bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking asook rekenaarvaardigheid is verdere vereistes. Vorige bestuurservaring en begrip vir die unieke uitdagings en operasionele dinamika van maatskaplike sorg en ontwikkelingswerk sal as n sterk aanbeveling dien.

Vergoeding behels n onderhandelbare salaris asook mediese en pensioenfondsvoordele.

Rig n volledige CV, en dui aan vir watter pos u aansoek doen, voor 13 Februarie 2026 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za
Occupation:
Management, human resources jobs
Job location, contacts
Location:
Bloemhof
North West
Company name:
Apply for a job
You have already applied to this job position
Save ad