Badisa wag aansoeke van gemotiveerde persone met bewese bestuursagtergrond en n positiewe lewensingesteldheid.
Verantwoordelikhede sluit in:
- Toesig en bestuur van maatskaplike dienspersoneel
- Programbestuur en -ontwikkeling
- Menslike hulpbronbestuur
- Betrokkenheid by finansile bestuur, bemarking en fondswerwing
- Leiding en ondersteuning aan Beheerrade
- Skakeling met departementele streekkantore, forums en ander rolspelers
- Verteenwoordiging en onderhandeling binne gemeenskappe en gemeentes.
Ingevolge die organisasie se transformasiebeleid sal kandidate uit die aangewese groepe by aanstelling voorkeur geniet.
Ons bied n onderhandelbare salaris, aangevul deur n mediese en aftreefonds, asook ruim verlofvoordele.
Standplaas: Onderhandelbaar, in werksarea
Sluitingsdatum: 19 September 2025
Diensaanvaarding: So gou moontlik
- Stuur asseblief n volledige CV, met bewys van registrasie, voor of op 19 September 2025 per e-pos aan: mhb@badisa.org.za







