Posted on: 04 February 2024
ID 900674

Redakteur

Son is op soek na n puik redakteur om die skryf en redigering van kopie te bestuur, asook die uitleg van gedrukte en digitale publikasies, om mededingend te bly in samewerking met die relevante departemente en om n produk te skep wat gefokus en markverwant is en in pas met Son se unieke gemeenskap.

Posbeskrywing: Redakteur (Streekkoerant)

Rapporteer aan jou: Spanleiers, subredakteurs, produksiebestuurders, joernaliste, inhoudskepper, inhoudsbestuurder, hoof van sosiale media en inhoudskepper vir vermaak en multimedia

Hoofdoel van die pos

Hou toesig oor en bestuur die skryf en redigering van kopie, asook die uitleg van gedrukte en digitale publikasies, om mededingend te bly in samewerking met die relevante departemente om n produk te skep wat gefokus en markverwant en in pas met die gemeenskap is.

Hoofpligte

(Die primre pligte, funksies en uitsette van die pos)
  • Konseptualiseer en implementeer die redaksionele visie;
  • Bepaal die gehalte, styl en toon van die gedrukte koerant en webtuiste;
  • Ontwikkel en implementeer redaksionele beleid;
  • Lei, motiveer, mentor en inspireer die span rondom die redaksionele visie;
  • Maak seker leserteikens word behaal (ongeag eksterne markfaktore) deur alle aspekte van die redaksionele beplanning te lei; werk met ander departemente saam om dinamiese en strategiese kennis van die lesers en die mark te verseker;
  • Verstaan lesers deur deurlopend terugvoering en kommentaar te evalueer, terwyl wreldwye neigings dopgehou, gevalueer en toegepas word;
  • Identifiseer, evalueer en redigeer nuus in ooreenstemming met die teikenmark en soort publikasie;
  • Maak seker die publikasie is in ooreenstemming met wetgewing en die Perskode van Suid-Afrika en dat geen lasterlike inhoud, briewe, ensovoorts, gepubliseer word nie;
  • Kordineer daagliks nuusvergaderings met die span sodat spertye gehaal word en gemeenskapsnuus na die hoofkoerante en aanlyn platform gevoer word;
  • Lei joernaliste op in die styl van die publikasie;
  • Maak seker kopie word binne die spertye gelewer en voldoen aan die standaarde; keur kopie af wat nie op peil is of aan die opdrag voldoen nie;
  • Hou toesig en kommunikeer oor die produksieproses om te verseker alle spertye word gehaal;
  • Kommunikeer met bestuur, die advertensie- en bemarkingsafdeling om te verseker die beste produk moontlik word weekliks uitgegee;
  • Bevorder kommersile geleenthede in samewerking met die advertensieafdeling;
  • Werk saam met die bemarkingspan aan lesers- en bedryfsgeleenthede om lojaliteit vir jou produk te skep en aan innoverende maniere om met lesers kontak te maak;
  • Verteenwoordig die publikasie op n geloofwaardige, professionele en etiese wyse, en
  • Bestuur en beheer redaksionele begroting en koste.
Vaardighede en bevoegdhede

(Die vermons wat die individu moet h om die werk effektief te kan doen)
  • Moet onder druk kan werk
  • Resultaat-georinteerd
  • Kreatiwiteit
  • Innoverend
  • Uitstekende skryfvaardighede
  • Uitstekende verbale kommunikasievaardighede
  • Sterk interpersoonlike en leiersvaardighede
  • n Uitstekende oog vir detail
  • Probleemoplossingsvaardighede
  • Beplannings- en organisatoriese vaardighede
  • n Sakesin
  • Impak en invloed
  • Gesonde oordeel
Vereistes

Voordelig

Kwalifikasie

n Toepaslike tersire kwalifikasie in joernalistiek of mediastudie.

Ervaring

Vyf jaar se werkervaring in n redaksionele omgewing.

Twee jaar in n senior pos.

Kennis

n Deeglike kennis van koerantproduksie en die nuusomgewing;

Goedontwikkelde skryf- en subvaardighede in die spesifieke tale;

Rekenaarvaardig in die relevante programme en toepassings;

n Deeglike begrip van die publikasie se teikenmark;

Kundigheid wat betref mediawetgewing.

Goeie en gevestigde kontakte en netwerk in die gemeenskap en streek.

Sluitingsdatum: 15 Februarie 2024
Occupation:
Media, journalism jobs


This job offer is not active at the moment.
Apply for a job
You have already applied to this job position
Save ad
Harmony Bambanani Gold Mine Urgently Hiring 0823541646

Harmony Bambanani Gold Mine Urgently Hiring 0823541646

Harmony bambanani gold mine
Welkom
Jobin.co.za
Gravelotte Mine Urgently Hiring 0823541646
Jobin.co.za
Kuyasa Mine Urgently Hiring 0823541646
Jobin.co.za
Kopaneng Kroondal Platinum Mine Urgently Hiring 0823541646
Jobin.co.za